welcome to my blog

Wednesday, 23 November 2011

Basilica di S Fransesco

Assisi and St Frances are almost one and the same thing.  The Basilica was erected in his honor with many tangible signs of the Saint to be seen.Also  inside the church are many frescos by Giotto depicting the live and stories of St Frances.
Met die instap in die basilica het my asem weggeslaan. Dit was nie net die grootsheid van die gebou nie, maar ook die argitektuur, die detail,die hout en keramiek inlegwe rk en natuurlik die kunswerke.
Dit is eintlik so oorweldigend dat ek voel ek moet weer teruggaan en meer tyd daar spandeer.
Daar is ook n kenmerkende gevoel van gewydheid en stilte wat mens nogal aangryp.
Tog wonder ek of al hierdie verheerliking iets sou gewees het wat hy sou wou gehad het, hy het immers als opgegee om sy lewe aan Christus te wy en as ek terug dink na die grot wat ek besoek het in die berge (sien my skrywe oor The Hermitage of the Carceri) dan wil ek amper my voorstel dat hy sterk daarteen kapsie sou maak...en dan natuurlik kom die kommersiele aspek ook by en oral kan jy klein beeldjies van St Frances koop...dit het my nogal afgesit.
Ek sal ook graag bietjie meer gesels oor die kunswerke en hoe my siening redelik verander het, maar eers nog n besoek en fotos neem....intussen net so proeseltjie van Assisi...(die pienk stad.)

No comments:

Post a Comment