In Suid Afrika woon ek naby die wildtuin en besef daagliks hoe wonderlike voorreg dit is...ons lewe in "abundance"
Gisteraand n fliek gaan kyk in dorpie "Perugia" so 25km van hier af...dis n klein teater waar hulle op n maaandagaand Engelse flieks wys, ek was nie baie beindruk met die fliek nie, maar heerlik om engels te hoor..te minste kon als verstaan.
Sondag aand ete saam met Marina se ouers en twee gaste Marco Socetti en sy gade.Hy is n oogarts en skilder ook in vrye tyd. Doen etswerk en ons kon lekker oor kuns chat, via Marina natuurlik.Om so om n tafel te sit in n plaashuis tussen n groep hartlike Italianers was kosbaar
Tipe van Goulash was voorgesit met "torta" broodjies, en net as jy dink dis al ..dan word die koolstoof se oond oopgemaak en italiaanse worsies , goen groente wat in die tuin groei, "chikory" (dit proe soos megsel van spinasie en broccoli) en slaai met fennel kom te vooskyn......heel aangenaam
No comments:
Post a Comment